Psygiatriese Dienste


Gateway House bied akkommodasie, toesig van medikasie,en 'n volledige terapeutiese program verskaf deur n multi-dissiplinêre span, bestaande uit:

Psigiater, Sielkundige, Arbeidsterapeut, Trauma en Psigiatriese Verpleegkunde-Suster, Fasiliteerders, en ander toegewyde werkers.

 


Geestes-gesondheid Evaluasies

Diagnose en behandeling sal grootliks gebaseer word op 'n mediese en geestelike gesondheids evaluering uitgevoer deur n psigiater, sielkundige, arbeidsterapeut en verpleegkundige-suster.

Medikasie (Farmakologiese Behandeling)

Medikasie is die steunpilaar van die behandeling vir geestesongesteldheid. Ons Psigiater (mediese dokter met spesiale opleiding in psigiatriese versteurings) skryf medikasie voor en sien die individu gereeld, gewoonlik een of twee keer per maand, en meer dikwels indien nodig, om te evalueer hoe goed die medikasie werk en om newe-effekte te monitor.

Individuele Terapie en Berading

Die meeste mense met 'n geestelike siekte vind dit nuttig om n terapeut of berader gereeld te sien. Ons benadering tot terapie is ondersteunend : praktiese probleem-oplossings vaardighede, en strategieë vir die hantering van negatiewe simptome.

Kognitiewe-gedragsterapie is een benadering wat algemeen toegepas word asook terapie wat hoofsaaklik fokus op die ontwikkeling van insig en die ondersoek van die person se behoeftes.

Psigo-dinamiese Terapie en benaderings word ook algemeen gebruik.

Geval-Bestuur:

Geval bestuurders werk met individue om spesifieke behandelings doelwitte te monitor, sosiale en finansiële behoeftes te voorsien, en die koördinasie van die holisties behandelings-plan tussen ander lede van die behandeling span, soos die Psigiater, Sielkundige en Terapeut of Verpleeg-Suster.

Geestes-ongesteldheid Inligting Verskaffing:

Ons program fokus op die verskaffing van inligting en onderrig van vaardighede vir die bestuur van geestelike siekte en die voortsetting van persoonlike herstel doelwitte te bereik. Die program algemeen sluit inligting oor geestelike siekte en terugval voorkoming, strategieë vir die neem van medikasie soos voorgeskryf , en help in die voortsetting van persoonlike doelwitte te bereik.

Groeps Terapie en Vaardigheids-opleiding

Terapie, by Gateway Huis vind ook plaas in 'n groep formaat. Hierdie formaat voorsien deelnemers met sosiale ondersteuning, terugvoer, idees, en rol-modelle van ander wat soortgelyke ervarings gehad het.

Groepe wissel in hul doelwitte ,inhoud en aanbieding.Groep-Sessies fokus op die verskaffing van emosionele ondersteuning, toename in kennis, en moediging van persoonlike groei, n wye verskeidenheid onderwerpe word aangespreek: soos aangedui deur die volgende voorbeelde van tipiese groepe:

Self-Beeld, Angs, Friendskap en Verhoudings, Probleem-Oplossing, Terug-val Voorkoming, Stress-Beheer, ens.

Familie Onderig (of Psigo-dinamiese berading) en Gesinsterapie

Hierdie programme is gerig op die onderig van families oor die geestelike siekte en die vermindering van spanning in die familie. Familie programe kan voorsien word aan individuele gesinne of 'n groep, waar verskeie families hul ervarings deel en mekaar ondersteun bied.

Beroeps-Rehabilitasie Programe

Beroeps-rehabilitasie programe help pasiente om weer in die werksmagte betree.


I


 

Inwoners is betrokke in 'n volle dag program, (onder meer:)

-10 uur van Groeps-Terapie op 'n weeklikse basis

-Individuele Psigo-Dinamiese Ingryping op 'n     daaglikse basis

-Arbeidsterapie

-Addisionele dienste beskikbaar:

-Individuele Psigoterapie op 'n weeklikse basis.

-Gereelde konsultasie met die psigiater

-Gesins-berading

-Sosiale intervensies en blootstelling aan die   gemeenskap hulpbronne

-Opleiding in lewensvaardighede

-Individuele Arbeidsterapie

-Werk en Vaardigheids Programe.

-Rekenaar-vaardigheid Opleiding

-Oefening program, insluitend Yoga

-Geïndividualiseerde Gesondheid en Gewig bestuur


... En ontspanning / vermaak soos besoeke aan museums en parke .


Van ons projekte:

http://sites.google.com/site/gatewaypsychia/my-space/drama-therapy

http://sites.google.com/site/gatewaypsychia/my-space/art

http://sites.google.com/site/gatewaypsychia/my-space/movies-videos

http://sites.google.com/site/gatewaypsychia/my-space/poetry-prose

http://sites.google.com/site/gatewaypsychia/photo-album-1/media

KLIK OP DIE "LINKS" EN SIEN WAT ONS DOEN!





This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola